Nov
Bloemskou, wat van 23 April tot 2 Mei plaasvind, is een van Suid-Afrika se mees gevestigde en geliefde skoue en jaarliks ’n hoogtepunt op die landboukalender.
Die 2026-aflewering dra die tema “’n strandpartytjie”. Die landbouafdeling vorm die ruggraat van die geleentheid en bied ’n indrukwekkende venster op dieregehalte, tegnologie, boerderyvernuf en die mense wat die bedryf lewendig hou.
Nov
Die 2026 Bloemskou datums is bevestig, met verskeie kategorieë wat reeds uitverkoop is. Maak reg vir ’n “Beach Party” tema, en geniet Bloemskou tydens een van die twee openbare vakansiedae wat in die week val.
Apr
Bloemskou in Bloemfontein is ’n belangrike toonvenster vir die landbou in die sentrale streek van Suid-Afrika met van die gesogste vee- en perdekampioenskappe wat daar plaasvind.
Bloemskou is die alles- in-een-landbou-envermaakgeleentheid wat al 141 jaar lank besoekers na die sentrale streek van Suid-Afrika lok. Bloemfontein gooi vanjaar van 25 April tot 4 Mei sy deure oop om die beste wat die landboubedryf bied, ten toon te stel.
Apr
Known for not shying away from donning boxing gloves or traversing a mountain range, OFM’s Good Morning Breakfast host, Shandor Potgieter, takes on a new challenge – ‘living in a box’ for 140 hours.
Potgieter will live in a display cubicle, decked out as a ‘Show House’, in the Protea Hall at Bloem Show from 27 April until 3 May 2023.
This is all in celebration of the institution’s 140th year of existence.
Mar
Die Bloemskou vier vanjaar sy 140ste bestaansjaar. Dit het aanvanklik bekend gestaan as die Oranje-Vrystaat Landbougenootskap en is op 25 Mei 1883 met F.W. Reitz as die president gestig.
Die skou was aanvanklik ’n tentoonstelling vir boere en het ’n jaarlikse instelling geword, eers op Markplein (huidige Hoffmanplein) en later by die skouterrein waar dit steeds aangebied word.
Feb
Dit is nie net ervare bakkers wat kan inskryf vir Bloemskou se kreatiewe kuns-afdeling nie. Enigeen oud en jonk kan deelneem aan dié afdeling vir gebakte produkte.
Dit kan wissel van koeke en kolwyntjies tot mikrogolfresepte. Daar is selfs ’n spesiale afdeling vir mense bo 70 jaar.
Corlia Hellawell, koördineerder van Bloemskou se afdeling vir gebakte inskrywings, gee ’n paar wenke vir bakkers:
Feb
Hier is ’n lekker uitdaging vir oud en jonk. Met die vakansie om die draai, gaan daar baie tyd wees om produktief te wees en in die proses vir jou medemens iets te doen.
Brei vir Bloem is gesamentlike projek van Bloemskou, en Radio Rosestad wat die publiek uitdaag om vierkante te brei, kwilt, hekel of weef in ’n poging om komberse te maak vir liefdadigheid.
Bloemskou vier in 2023 sy 140ste bestaansjaar en nooi almal om ’n bydrae met die projek te lewer.
Jan
Inskrywings vir Bloemskou se kreatiewe handwerk en kunsafdelings is beslis nie net vir ervare kokke en kunstenaars nie.
Bloemskou, en Radio Rosestad het gaan kers opsteek by kenners oor hoe selfs beginners hul gebak, kunswerk en gebottelde produkte vir vanjaar se kreatiewe handwerk en kunsafdeling by Bloemskou kan inskryf.
Marie Frylinck, sameroeper van die gebottelde produkte-afdeling, sê dié afdeling is oop vir almal van kinders jonger as 16 jaar tot mense 70 jaar en ouer.
Nov
Rosestad, Bloemskou en Centraal24 (Bloemnuus) se projek, Brei vir Bloem skop amptelik af Donderdag 17 November en gaan voort tot Vrydag 31 Maart 2023.
Met Bloemskou se 140 jaar vieringe volgende jaar en Rosestad se breiprojek wat alreeds die afgelope 5 jaar ononderbroke voortgaan het ons besluit om groot te gaan met hierdie breiprojek.