Begin kook aan gebottelde heerlikhede vir Bloemskou

Begin kook aan gebottelde heerlikhede vir Bloemskou

Inskrywings vir Bloemskou se kreatiewe handwerk en kunsafdelings is beslis nie net vir ervare kokke en kunstenaars nie.

Bloemskou, en Radio Rosestad het gaan kers opsteek by kenners oor hoe selfs beginners hul gebak, kunswerk en gebottelde produkte vir vanjaar se kreatiewe handwerk en kunsafdeling by Bloemskou kan inskryf.

Marie Frylinck, sameroeper van die gebottelde produkte-afdeling, sê dié afdeling is oop vir almal van kinders jonger as 16 jaar tot mense 70 jaar en ouer.

Sy self het in die jare negentig haar eerste twee inskrywings vir Bloemskou ingeskryf.

“Ek het nie geweet of dit goed genoeg gaan wees nie – ek het maar probeer.”

Vandag koördineer sy hierdie afdeling van die kreatiewe kunsafdeling.

Sy sê gebottelde produkte is deesdae al gewilder.

“ ’n Mens kan enigiets inlê van vrugte en groente tot jou eie tuisgekookte konfyt.”

Johan Gunter van Radio Rosestad sê hy maak graag konfyt van enige vrugte wat beskikbaar is.

“Dit is nie nodig dat dit baie vrugte moet wees nie. Ek gebruik dit wat in seisoen is en waarop ek my hande kan lê.”

Hier is sy resep vir Johan se vinnige aarbeikonfyt:

Read the full article here:

https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/bloemnuus/begin-kook-aan-gebottelde-heerlikhede-vir-bloemskou-20230126

Copyright © Bloem Skou | Show. All rights reserved. Website development by Digital Platforms | Privacy Policy