Rosestad, Bloemskou en Centraal24 (Bloemnuus) se Brei vir Bloem projek skop af

Rosestad, Bloemskou en Centraal24 (Bloemnuus) se Brei vir Bloem projek skop af

Rosestad, Bloemskou en Centraal24 (Bloemnuus) se projek, Brei vir Bloem skop amptelik af Donderdag 17 November en gaan voort tot Vrydag 31 Maart 2023.

Met Bloemskou se 140 jaar vieringe volgende jaar en Rosestad se breiprojek wat alreeds die afgelope 5 jaar ononderbroke voortgaan het ons besluit om groot te gaan met hierdie breiprojek.

Na afloop van die projek gaan die gebreide komberse aan verskeie instansies geskenk word.

Indien jy deel wil wees van hierdie projek om te brei, te hekel, weef of kwilt of wol wil skenk vir die projek, skakel Bloemskou kantore by 051-4489894 of vir Johan Gunter by Rosestad 0726213345.

Source:
https://rosestad.co.za/rosestad-bloemskou-en-centraal24-bloemnuus-se-brei-vir-bloem-projek-skop-af/?fbclid=IwAR0PWERcTy_3JVup4akSliHsHQcSviy89MM4Z4FJgMNZbIzoF8JnvcPKMiE

Copyright © Bloem Skou | Show. All rights reserved. Website development by Digital Platforms | Privacy Policy