G’n verveelde oomblik dié vakansie

G’n verveelde oomblik dié vakansie

Hier is ’n lekker uitdaging vir oud en jonk. Met die vakansie om die draai, gaan daar baie tyd wees om produktief te wees en in die proses vir jou medemens iets te doen.

Brei vir Bloem is gesamentlike projek van Bloemskou, en Radio Rosestad wat die publiek uitdaag om vierkante te brei, kwilt, hekel of weef in ’n poging om komberse te maak vir liefdadigheid.

Bloemskou vier in 2023 sy 140ste bestaansjaar en nooi almal om ’n bydrae met die projek te lewer.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, is opgewonde oor die projek.

“Kom deel in hierdie lekker gemeenskapsprojek, waarin ’n klein gebaar ’n groot verskil kan maak.”

Die komberse gaan geskenk word aan ’n begunstigde van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds asook Radio Rosestad se kombersprojek.

Read the full article here:

https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/bloemnuus/nuus/gn-verveelde-oomblik-die-vakansie-20221116-2?fbclid=IwAR0mLvEP6Gra7IvEVtzOmQFb2xzsPvBQu-fFUzaEqGgcoO6W7hnm4ZqXl6E

Copyright © Bloem Skou | Show. All rights reserved. Website development by Digital Platforms | Privacy Policy